Stabiles Produksies is gestig deur Ronel
Brink in Julie 2006. Bobby van Jaarsveld
word nou al die afgelope
4 jaar bestuur deur
Stabiles Produksies. Stabiles Produksies
strewe om `n uitmuntende en professionele
diens te lewer. Wanneer `n klient `n
kunstenaar bespreek deur Stabiles Produksies
sal die klient in kontak wees met `n
ingeligte besprekingsagent wat die kontrak
sal opstel tussen die klient en die
kunstenaar. Die besprekingsagent sal die
klient bystaan met raad rakende die
bemarking van sodanige funksie waar die
kunstenaar gaan optree.
U word ook voorsien van bemarkings materiaal
van die kunstenaar teneinde u konsert /
funksie te bemark. Die besprekingsagent
besit oor al die ondervinding om u by te
staan met raad met die reel van u konsert /
funksie om sodoende te verseker dat dit `n
reuse sukses sal wees.
Stabiles
Produksies – Jou 1-stop Vermaak Venoot!!
Ons bied die volgende
dienste:
Korporatiewe
Funksies
Reël van
feeste, skoue, konserte,
promosies, ens
Projek
beplanning
Voorsien
klank en beligting
Voorsien
verhoog fasiliteite
Kindervermaak
Reël van
Skoonheid- en Talent
Kompetisies
Enige ander
vermaak – jy noem dit, ons
reel dit!!
ENIGE SUID-AFRIKAANSE
KUNSTENAAR KAN DEUR ONS
BESPREEK WORD!
Stabiles Produksies is ook
eksklusiewe agente vir Bobby
van Jaarsveld en Karlien van
Jaarsveld!